C o m m u n i t y  D e v e l o p m e n t



Copyright 2006
EvaluNet (Pty) Ltd.

 

n e w s   h i g h l i g h t s
EvaluNet van die pad af?
Deur Loizet Heyl
 
EvaluNet borg nou, vir die tweede keer, die druk van die programme vir die WCCC (Western Cape Challenge Club) se 4x4 uitdaging. Nou wonder jy seker wat behels hierdie 4x4 uitdagings.

Die 4x4 Uitdagings
Viertrekvoertuie moet deur ’n reeks afgebakende hindernisse bestuur word waartydens soveel moontlik punte aangeteken moet word. Hierdie hindernisse sluit in natuurlike en/of mensgemaakte dongas en heuwels. Die voertuig met die meeste punte in elke klas, is die wenner van daardie klas en die voertuig met die meeste punte op die dag, is die algehele wenner.

Die deelnemers ding mee in vier verskillende klasse.

Klas A: Nie sommer ’n 4x4 wat jy op die pad sal sien nie, tensy dit op ’n sleepwa is! Hierdie 4x4’s is hoogs gemodifiseer, wat insluit bandgroottes vanaf 35”, ewenaarslotte (diff locks), onafhanklike stuur, veranderings van die bakwerk.
Klas B: Hierdie 4x4’s is effe gemodifiseer, maar die bakwerk moet lyk soos ’n standaard 4x4. Hul onderstelle mag verkort of verleng wees, hul bande is beperk tot ’n maksimum grootte van 35”, en hulle mag nie ewenaarslotte hê nie.
Klas C
: Dit kan jou of jou buurman se 4x4 wees! Hierdie voertuie is standaard – sonder enige modifikasies.
Klas D: Tweewielaangedrewe pypkarre (4x2’s) – hulle klink soos “beach buggies”, maar gee die toeskouers altyd iets om na hul asems te snak!

Daar is 7 uitdaging in 2006. Die eerste uitdaging is gehou op 4 Februarie 2006 te Apollo Brickfields net buite Atlantis. Dit was ’n besonderse winderige dag, en die mengsel van wind en kleistof was definitief nie ’n goeie kombinasie nie!

Die volgende uitdaging vind plaas op 8 April 2006 op die plaas Klein Botrivier op die R45 buite Malmesbury. Die datums van die ander uitdagings:

3 Junie 2006 – sal nog aangekondig word
26 Augustus 2006 - sal nog aangekondig word
30 September 2006 - sal nog aangekondig word
28 Oktober 2006 [Nasionaal] - Robertson
25 November 2006 – Witzenberg Wildpark

Hierdie uitdagings word aangebied in oorleg met die MSA (Motorsport Suid-Afrika) se reëls en regulasies.

Bestuursvernuf of sommer net malligheid?
Gaan kyk en besluit dan self!

Kontakpersone vir meer besonderhede:
Warner Trimmer - 083 644 6603 [Klubvoorsitter]
Elizabeth Ingram - 082 458 1188 [Klubsekretaresse]


Back to other news